Nuusflits: Tussentydse Finansiële Verslae: 31 Okt 2011 – Suidwes Beleggings Bpk kliek hier *    Suidwes Beherend Bpk kliek hier *   Mediaverklaring: Nuwe Besturende Direkteur kliek hier *   Nuusflits: Suidwes Jaarverslag 2011 kliek hier *
Suidwes
Soek

Oor Suidwes

Sedert sy ontstaan in 1909 het Suidwes Beherend gegroei in 'n groot en gerespekteerde landboubesigheid, geografies een van die grootste landboubesighede in Suid Afrika, wat diens lewer aan ‘n gebied van 13.5 miljoen hektaar.

Suidwes Visie

"Die Eerste Keuse"

Suidwes Missie

Suidwes verskaf doelgerigte produksie insette, dienste en marktoegang

  • op 'n geïntegreerde basis;
  • in vennootskap met produsente;
  • met uitmuntende klantediens; en
  • met dinamiese en innoverende personeel

om vir sy klante waarde toe te voeg en vir sy aandeelhouers opbrengs te lewer.

Suidwes Beleggings Beperk is 'n landbou-beleggingsmaatskappy wat op 16 Augustus 1909 sy ontstaan gehad het met die registrasie van die Wolmaransstad Coöperatieve Landbouw Vereeniging. Suidwes het in die laaste honderd jaar ‘n toonaangewende rol in verskeie areas van die Suid-Afrikaanse landbou vertolk. Dit het ontwikkel van 'n klein koöperasie na ‘n moderne, toekomsgerigte en tegnologies-gevorderde eerstewêreldse landboumaatskappy, wat tesame met sy filiale, een van die grootste landboumaatskappye in Suid-Afrika is.

Vorige logo's van die Maatskappy

Vorige logo's van die Maatskappy

In 1998 is Suidwes omskep in 'n groep van publieke maatskappye. Die Groep se struktuur sien tans soos volg daar uit:

Groepstruktuur

Die Groep se identiteit is 'n spieëlbeeld van die aard van hul klante se besigheid - blou simboliseer water en groen groei, soos in die logo's hieronder versinnebeeld:

Groep Logos

Die Groep word vanuit sy Hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes Provinsie bedryf en het 60 bedryfspunte, wat almal strategies in ons bedieningsgebied geleë is om effektiewe diens aan klante te lewer.

Suidwes Streek

Die Groep se kernbesigheid spreek die primêre behoeftes en belangstellings van landbou-produsente aan. Veranderende omstandighede, asook die behoeftes van klante, word aangespreek deur innoverende bemarking en finansiële produkte en dienste wat insluit tegnologies-gevorderde boerdery-ondersteuningsdienste, en presisieboerderyprodukte en advies. By wyse van sy handelsmaatskappye, naamlik Suidwes Graan, Suidwesfin, Wesmark, Wesmeg en Terratek, bied die Groep 'n diverse en kompeterende reeks produkte en dienste aan landbou-produsente, insluitend die hantering en opberging van graan, die bemarking van graan en afgeleide instrumente vir landbou, die bemarking van primêre landbou-insette deur handelstakke en veevoerdepots, die verskaffing van krediet, versekeringsdienste, landboumasjinerie en -implemente, met ondersteunende onderdelesentrums en werkswinkels.

Aktiewe handelsmerke (sedert 2008)

Aktiewe Handelsmerke

Suidwes se huidige Raad van Direkteure bestaan uit twee uitvoerende direkteure, drie onafhanklike onafhanklike nie-uitvoerende direkteure en sewe nie-uitvoerende direkteure:

Nie-uitvoerende Direkteure

Voorsitter
Mnr Pierre Vercueil
Mnr Pierre Vercueil
Ondervoorsitter
Mnr Koos le Roux
Mnr Frans Marx
Mnr Hansie Viljoen
Mnr Hansie Viljoen
Mnr Piet Delport
Mnr Piet Delport
Mnr Koos le Roux
Mnr Koos le Roux
Mnr Gert Malherbe
Mnr Gert Malherbe
Mnr Theo Delport
Mnr Theo Delport
 

Onafhanklike Nie-uitvoerende Direkteure

Mnr Nick Wilkinson
Mnr Nick Wilkinson
Me Doris Dondur
Me Doris Dondur
Mnr André Botha
Mnr André Botha
 

Uitvoerende direkteure

Besturende Direkteur
Mnr Louis_Smit.jpg
Mnr Louis Smit
Direkteur: Finansies
Mnr George Potgieter
Mnr George Potgieter

Topbestuur

Hoofbestuurder:
Korporatiewe Dienste
Mnr Phillip van der Merwe
Mnr Phillip van der Merwe

Groepsekretaris
Mnr Derek Linde
Mnr Derek Linde
Hoofbestuurder:
Suidwes Fin
Mnr Anton Jordaan
Mnr Anton Jordaan
Hoofbestuurder:
Wesmark, Wesmeg en Krediteure
Mnr Danie Bruwer
Mnr Danie Bruwer
Hoofbestuurder:
Graan
Mnr Jerry Maritz
Mnr Jerry Maritz