Loopbane
|
Loopbaangeleenthede
Suidwes is 'n landboumaatskappy wat sedert sy ontstaan op 16 Augustus 1909 ‘n
leidende rol op verskeie terreine in die Suid-Afrikaanse landbou gespeel het.
Suidwes se kernbesigheid is op die primêre behoeftes en belange van landbouprodusente
gerig. Die Groep bied onder sy handelsname Suidwes Graan, Suidwesfin, Wesmark, Wesmeg
en Terratek, 'n gediversifiseerde, mededingende reeks produkte en dienste aan
landbou-produsente.
Suidwes is 'n leier in die landbou-omgewing wat opleiding betref – intern sowel
as ekstern. As verantwoordelike werkgewer word Suidwes gedryf deur ‘n sterk etiese
gedragskode wat dien as fondasie vir diensbillikheid, gesonde arbeidsverhoudinge,
hoë produktiwiteit en genoegsame werknemers-voordele. Dit dra daartoe by dat die
Maatskappy ‘n vooruitstrewende, toekomsgerigte maatskappy is, met mense wat hul
loopbane en prestasie ernstig opneem.
Suidwes Graan
Suidwes Graan se primêre besigheid is graanhantering en -bemarking. Loopbaangeleenthede
sluit in graanbemarkers, graanhanteerders, graanverkrygers, silobestuurders, Safex-makelaars
ensovoorts.
Suidwesfin
Suidwesfin is voortdurend besig om alternatiewe bronne en metodes van finansiering
te ondersoek ten einde aan sy klante se veranderde behoeftes te kan voldoen. Versekeringspakette
word ook volgens elke individu se behoeftes saamgestel. Loopbaangeleenthede by Suidwesfin
sluit onder meer rekenmeesters, versekeraars, makelaars en finansiële klerke in.
Wesmark
Die Suidwes Groep se handelsaktiwiteite word onder die Wesmark-handelsmerk bedryf.
Wesmark se 17 handelstakke en een veevoerdepot, is gerieflik in Suidwes se bedieningsgebied
versprei, wat aan sy klante die versekering bied dat hulle boerderybenodigdhede
geredelik beskikbaar en binne hul bereik is. Tipiese loopbaangeleenthede in die
divisie sluit in produkbestuurders, bemarkers, aankopers, takbestuurders ensovoorts.
Wesmeg
Die Suidwes Groep se meganisasiebesigheid, wat die bemarking van landbou-masjinerie
en -toerusting, sowel as die verskaffing van onderdele en lewering van hersteldienste
ten opsigte van meganisasiegoedere insluit, word onder die Wesmeg-handelsmerk bedryf.
Werktuigkundiges, bemarkers, werkswinkelbestuurders, onderdelebestuurders ensovoorts
is onder meer loopbaangeleenthede in hierdie divisie.
Terratek
Terratek is 'n jong, dinamiese divisie binne in die Suidwes Groep, wat deur middel
van gespesialiseerde landboukundige dienste ondersteuning aan produsente en ook
intern aan Suidwes as besigheid bied. Terratek streef daarna om uitmuntende tegnologies-gedrewe
en geïntegreerde landboukundige dienste te lewer, gefokus op die verhoging van doeltreffendheid,
effektiwiteit en meer presisie in alle fasette van boerdery. Veekundiges, grondkundiges,
landbou-ekonome, booroperateurs, GIS-spesialiste ensovoorts is loopbaangeleenthede
binin die Terratek-divisie.