Nuusflits: Tussentydse Finansiële Verslae: 31 Okt 2011 – Suidwes Beleggings Bpk kliek hier *    Suidwes Beherend Bpk kliek hier *   Mediaverklaring: Nuwe Besturende Direkteur kliek hier *   Nuusflits: Suidwes Jaarverslag 2011 kliek hier *
Suidwes
Soek

Termyn- en opsie-kontrakte

Suidwes Graan | Graanhantering | Graanbemarking | Graan - Vryemark | Termyn- en opsie-kontrakte

Die gebruik van vooruit-kontrakte of futures, (hierna verwys as termynkontrakte), en opsies maak vooruitprysing beide deursigtig en en verbind beide partye kontraktueel tot die transaksie. Die risiko van nie-lewering word sodoende verwyder van die historiese verskaffer(s) en oorgedra na 'n gereguleerde, gesaghebbende markplek.

Termynkontrakte

Safex, of die "South African Futures Exchange", is 'n markomgewing waar kopers en verkopers ontmoet of verteenwoordig word, met die doel om termynkontrakte te koop of te verkoop. 'n Termynkontrak is 'n gestandaardiseerde kontrak wat op 'n beurs verhandel word. Die termynkontrak is gestandaardiseerd in terme van die hoeveelheid en die kwaliteit van 'n spesifieke kommoditeit wat op 'n spesifieke plek en op 'n spesifieke maand in die toekoms afgelewer sal word. Daar word op elektroniese verhandelingskerms vryelik onderhandel tussen kopers en verkopers oor die prys van die termynkontrak. Behalwe vir die prys is alle ander aspekte van die termynkontrak gestandaardiseerd en nie onderhandelbaar nie.

Termynkontrak-spesifikasies

Om die termynbeurs te beskerm word daar van elke koper en verkoper verlang om 'n aanvangsmarge te betaal. Die marge is R100 per ton. Daar word selfs rente op die marge verdien. Elke persoon met 'n oop-posisie op die termynbeurs, se posisie word daarom elke dag aan die hand van die sluitingsprys van die mark verreken , "mark-to-market". Met die markverrekeningsproses word daar 'n bedrag gelykstaande aan die hoeveelheid waarmee die klant se posisie op die spesifieke dag beweeg het, bereken.

Opsies

'n Opsie is 'n instrument waar 'n verhandelingsreg van een persoon na 'n ander oorgedra word. Daar bestaan twee soorte opsies: 'n roep-opsie (call) ) en 'n plaas-opsie(put) – v) – verkoop- of leweropsie. Net soos 'n termynkontrak kan 'n opsie gekoop en verkoop word.

Roep-opsie (call)

'n Roep-opsie gee die koper die reg om die onderliggende bate te koop teen 'n sekere vooraf-ooreengekome prys op 'n sekere toekomstige datum. Vir die reg om die onderliggende bate te koop moet 'n opsie-premie betaal word. Op Safex is die onderliggende bate van die opsie die ooreenstemmende termynkontrak en nie die kommoditeit soos byvoorbeeld die mielies self nie. Die waarde van 'n roep-opsie sal toeneem as die prys van die onderliggende termynkontrak styg. Vir 'n persoon wat wil spekuleer en dink dat die termynkontrakpryse gaan styg, is dit ideaal om 'n roep-opsie te koop. As die pryse styg, neem die waarde van die opsie toe en as die pryse daal, is die opsie-premie die maksimum wat mens kan verloor.

Plaas-/leweropsieopsie (put)

'n Plaas-/lewer-opsie gee die koper die reg om die onderliggende bate te verkoop teen 'n sekere vooraf ooreengekome prys op 'n toekomstige datum. Die waarde van die plaas-/lewer-opsie sal toeneem as die prys van die onderliggende termynkontrak daal en as die prys van die termynkontrak styg, is die opsie-premie die maksimum verlies wat gely kan word.