|
|
|
|
|
|
MAY12
|
JUL12
|
|
WM
|
2078 (0)
|
2072 (0)
|
|
YM
|
2031 (0)
|
2037 (0)
|
|
|
|
|
MAY12
|
JUL12
|
|
WH
|
2855 (0)
|
2886 (0)
|
|
FHL
|
4860 (0)
|
4929 (0)
|
|
|
|
Rand/$
|
8.35
|
|
Rand/£
|
13.20
|
|
Rand/€
|
10.65
|
|
|
|
|
|
Terme en Voorwaardes vir Gebruik
Welkom by SUIDWES se webruimte. Neem asseblief kennis van die bepalings hieronder
wat die gebruik van die webruimte beheer en wat u sal bind, sou u die webruimte
betree.
Belangrik
- Die volgende bepalings is van toepassing op hierdie en al die ander webruimtes van
die Suidwes Groep.
- Deur ons webruimte te betree, word dit geag dat u ingestem het tot elkeen van die
volgende gebruiksbepalings, wat dan bindend word op u.
- Gaan asseblief hierdie gebruiksbepalings gereeld na. Dit mag van tyd tot sonder
kennisgewing verander. Die veranderde voorwaardes sal ook bindend op u wees.
- Verwys asseblief enige dispuut of klagte wat uit die gebruik van dié webruimte mag
voortspruit na Suidwes se Webadministrateur by
webmaster@suidwes.co.za
- Aard van webruimte-inhoud
- Die inligting vervat op die webruimte verskaf algemene inligting oor bepaalde onderwerpe
en is nie 'n omvattende behandeling van daardie onderwerpe nie.
- Enige berekeninge op die webruimte is net benaderde waardes wat slegs as riglyne
dien.
- Intekening op enige diens is onderhewig aan die betrokke ooreenkoms se volle kontraktuele
bepalings en voorwaardes, asook toepaslike wetgewing.
- Skakels na derdeparty-webruimtes word slegs vir gerief verskaf, en mag te eniger
tyd verwyder word. Die inhoud van gekoppelde webruimtes is nie onder die Suidwes
Groep se beheer nie en ons is nie daarvoor verantwoordelik nie. Die feit dat ons
'n bepaalde skakel verskaf, beteken nie dat ons daardie webruimte ondersteun, magtig,
of borg nie, of dat ons aan daardie webruimte se eienaars of borge verbonde is nie.
- Geen waarborge/afstanddoening
Die inhoud van die webruimte word sonder enige uitdruklike of geïmpliseerde waarborge
van enige aard verskaf. In besonder waarborg ons nie dat die inhoud toepaslik vir
enige spesifieke doel is, of volledig of akkuraat is, of dat dit of enige apparatuur
waarop dit gestoor is, virus-vry is nie. Die Suidwes Groep sal nie aanspreeklik
wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van hoegenaamd enige aard wat
voortspruit uit die gebruik van hierdie webtuiste of die onvermoë om hierdie webtuiste
te gebruik of uit die dienste of inhoud verskaf deur middel van hierdie webtuiste
nie. Hierdie webtuiste word op 'n "voetstootste" basis aangebied en
is nie saamgestel om te voorsien in die gebruiker se individuele behoeftes/vereistes
nie. Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van u as gebruiker om seker te
maak of die diens wat deur middel van hierdie webtuiste beskikbaar is, sal voorsien
in u individuele vereistes en versoenbaar is met u harde- en of sagteware. Inligting,
idees en menings wat op hierdie webtuiste weergee word, moet nie as professionele
advies of die amptelike mening van die Suidwes Groep beskou word nie en gebruikers
word aangemoedig om professionele advies in te win voor enige handeling ingestel
word wat verband hou met inligting, idees of menings wat op hierdie webtuiste weergee
word. Pos of e-pos van enige aard wat na hierdie webtuiste gestuur word, word nie
redaksioneel beheer nie, en die Suidwes Groep kan dus nie aanspreeklik gehou word
vir onwettige of onkonstitusionele inhoud daarvan nie. Gebruikers vrywaar die Suidwes
Groep van alle aanspreeklikheid in hierdie verband.
- Beperkte gebruik
Tensy anders vermeld, is alle inligting, produkte, en dienste alleen vir u persoonlike
en nie-kommersiële gebruik. U mag nie -
- die inhoud van die webruimte kopieer, verander, of afgeleide werke daarvan skep
nie, of dit publiseer, lisensieer, of oordra sonder ons geskrewe vooraf toestemming
nie;
- die webruimte, 'n gekoppelde webruimte, of programmatuur uitmekaar haal of afbreek
nie;
- inhoud van 'n onregmatige aard na die webruimte versend of dit daarop plaas
nie soos bv. (a) inhoud wat dreigend, lasterlik, skendend, obseen, skandalig, opruiend,
pornografies, of oneerbiedig is, of wat (b) die Suidwes Groep se beeld of vermoë
om besigheid te doen, kan aantas;
- die webruimte op 'n manier gebruik wat enige Suidwes Groep-bediener of netwerk gekoppel
aan enige Suidwes Groep-bediener kan beskadig, buite aksie stel, ooreis, of aan
bande lê, of wat inbreuk maak op enige ander party se gebruik van die webruimte
nie;
- toegang bewerkstellig tot inligting op die webruimte, 'n Suidwes Groep-bediener,
of netwerk gekoppel aan 'n Suidwes Groep-bediener nie – hetsy deur inbraak, te myn
vir wagwoorde, of op enige ander manier;
- op 'n ander webruimte 'n skakel plaas na die webruimte of enige van sy blaaie
sonder die Suidwes Groep se geskrewe vooraf toestemming nie;
- die webruimte of enige van die blaaie daarvan sonder die Suidwes Groep se geskrewe
vooraf toestemming in rame plaas nie.
Om toestemming te verkry soos wat hierin na verwys word, stuur asseblief die versoek
aan te Webadministrateur by webmaster@suidwes.co.za
- Elektroniese transaksies, kommunikasie, en rekords
- Wanneer u die webruimte besoek of e-pos aan ons stuur, stem u in om kommunikasie
elektronies vanaf die Suidwes Groep te ontvang. U stem hiermee toe dat alle ooreenkomste,
kennisgewings, openbaarmakings, en ander kommunikasie wat ons vir u stuur, enige
regsvoorwaardes bevredig dat sulke kommunikasies op skrif moet wees.
- U aanvaar die risiko's verbonde aan die gebruik van 'n elektroniese kommunikasiemedium.
- U magtig ons om op te tree aan die hand van die inligting wat u elektronies vir
ons stuur.
- U verstaan dat die Suidwes Groep alle rekords elektronies stoor, en stem toe dat
sulke elektroniese rekords bewys van die inhoud van sulke rekords in 'n geregshof
sal wees tensy u die teendeel bewys.
- Enige e-poskommunikasie aan u word geag deur u ontvang te wees sodra die Suidwes
Groep dit gestuur het.
- Gebruiker-ID en wagwoorde
As u inteken op 'n diens of produk wat ons op die webruimte verskaf, kies u 'n
gebruiker-ID en/of wagwoord en/of word een aan u voorsien. U is ten volle verantwoordelik
-
- vir die behoud van vertroulikheid van u gebruiker-ID en/of wagwoord;
- om ons onmiddellik in kennis te stel van enige ongemagtigde gebruik van u gebruiker-ID
en/of wagwoord, of enige ander sekuriteitsbreuk;
- vir verliese wat ons of ander partye ly sou iemand anders u gebruiker-ID en/of wagwoord
gebruik.
- Privaatheidsbeleid
- Die Suidwes Groep beskerm u privaatheid as gebruiker;
- Geen persoonlike inligting sal aan derde partye openbaar gemaak word sonder u toestemming
nie;
- Die volgende private en persoonlike inligting sal deur die Suidwes Groep verkry
en behou word:
- Inligting wat vrywillig deur u verskaf word – hierdie inligting word gebruik om
‘n beter diens aan gebruikers te verskaf;
- Inligting wat outomaties verskaf word (d.w.s. "koekies") – hierdie inligting
word verkry om u webbesoek en interaksie met die Suidwes Groep te verbeter. "Koekies"
kan nie u rekenaar beskadig of virusse dra nie.
- Deur hierdie webtuiste te gebruik, stem u tot die volgende in:
- Die Suidwes Groep mag u persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met u te
kommunikeer. Gebruikers kan aandui dat hulle nie sodanige kommunikasie wil ontvang
nie.
Die Suidwes Groep mag gebruikersinligting gebruik vir nie-persoonlike statistiese
doeleindes.
- Waarborge
Vir alle doeleindes, en in die besonder vir die doeleindes van punt 5 hierbo, waarborg
u –
- identiteit (dit is, "dat jy is wie jy sê jy is"), en dat u u identiteit
kan bewys indien ons u daartoe versoek;
- dat alle inligting wat u te eniger tyd aan ons verskaf via die webruimte, in geskrewe
vorm, of aan ons Webadministrateur by webmaster@suidwes.co.za,
in alle gevalle volledig, op datum, en akkuraat sal wees;
- dat u alle wesenlike en relevante feite openbaar sal maak, by gebrek waarvan enige
kontrak of enige transaksies wat uit só 'n kontrak mag voortspruit nietig of kanselleerbaar
mag wees.
- Immaterieelgoedereregte
- Die webruimte en al sy inhoud (insluitende programmatuur, teks, grafika, ikone,
hiperskakels, private inligting, en ontwerpe) is die Suidwes Groep se eiendom of
gelisensieerd aan ons.
- As sulks is dit teen skendings beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing
en ooreenkomste, en mag dit op geen manier gebruik word sonder ons of die gelisensieerde
se geskrewe vooraf toestemming nie.
- Oortredings
Ons behou die reg voor om
- enige verdere toegang tot die webruimte te weier as (a) u enige van die gebruiksbepalings
oortree wat van tyd tot tyd in plek is; (b) ons nie in staat is om enige inligting
wat u verskaf, te bevestig nie; of (c) ons glo dat u aktiwiteite onderneem wat onwettig
is, die integriteit van die webruimte aanval, of ons in 'n slegte lig stel;
- enige oortreding na die polisie te verwys indien so 'n oortreding 'n misdaad is;
- skadevergoeding te eis vir alle verliese of skade wat ons ly, en uitgawes wat ons
moet aangaan. weens u oortreding.
- Skadeloosstelling
U stem toe om ons en enige lid van die Suidwes Groep en sy onderskeie direkteure,
beamptes, werknemers, agente, lisensiehouers, verskaffers, en enige derde party-inligtingverskaffers
skadeloos te stel ten opsigte van enige verliese en uitgawes (insluitende prokureur-
en eie koste) wat mag voorspruit uit u oortreding van hierdie gebruiksbepalings.
- Jurisdiksie en toepaslike reg
- 'n Aansoek om 'n diens of produk wat op die webruimte aangebied word, geld
as u toestemming tot en onderwerping aan die jurisdiksie van die Hoër Hof van Suid-Afrika,
tensy uitdruklik per individuele skriftelike ooreenkoms anders aangedui.
- Enige eis wat voorspruit uit -
- die gebruik van of onvermoë om die webruimte te gebruik
- 'n aansoek vir, en die lewering van 'n diens of verskaffing van 'n produk,
is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika – ten opsigte van
beide die grondslag van die eis [kontrak, delik (tort), of enige ander], en die
proses- en bewysreg.
- Ten aansien van alle hofverrigtinge sal die onsuksesvolle party aanspreeklik wees
vir alle koste wat die suksesvolle party moes aangaan, insluitende koste tussen
prokureur en eie kliënt.
|
|
|
|
|