Nuusflits: Verkorte Finansiële State 30 April 2010 - Kliek hier | Persverklaring – Kliek hier
Suidwes
Soek

Suidwes Fin Finansiering

Suidwes Fin | Suidwes Fin Finansiering | Suidwes Fin Versekering

Die Finansieringsafdeling van Suidwes Fin bied met trots die volgende pakkette aan kliënte:

Produksiekrediet

Die doel is om aan die kliënt krediet te verskaf vir die aankoop van produksiemiddele vir die vestiging van 'n oes. Die goedkeuring word gedoen aan die hand van die kliënt se bate/laste-verhouding, sekuriteit en enkele ander vereistes wat met die kliënt bespreek sal word.

Hulpbronverbeteringskema

Die doel is om kliënte te help met die chemiese regstelling van akkerbougrond. Die koste van Terratek se dienste, asook wat benodig word vir die regstelling van die hulpbron (grond), word op die skema gefinansier. Die bedrag gefinansier is terugbetaalbaar in vier gelyke paaiemente oor 'n tydperk van vier jaar.

DPO-lening

Met die graan gelewer in enige Suidwes-silo, kwalifiseer u as kliënt om in die skema te deel. 'n Voorskotbedrag - soos jaarliks bepaal - sal aan u as kliënt toegestaan word en die graan sal as sekuriteit dien. Die kliënt kan dus verpligtinge nakom en terselftertyd deel in 'n moontlike beter prys vir sy graan.

Huurkope

Die skema is beskikbaar om Suidwes-klante finansieel by te staan met die aankoop van duursame kapitaalgoedere.

Veeskema

Daar is twee skemas vir kliënte beskikbaar:

  • Aankoop van grootvee en/of voer en lekke:
    U as kliënt koop die produk aan en Suidwes Fin betaal dan die verskaffer se faktuur namens u. Die termyn word ook daarvolgens bepaal en is terugbetaalbaar twaalf maande na aankope. Eersteklas-sekuriteit is 'n vereiste vir die lening.
  • Huurkoop - aanteelvee:
    Hierdie opsie is beskikbaar aan saaiboere wat hulle veefaktor wil uitbrei. Tydperk is 60 maande maksimum.

Omskakeling na weiding

Die skema is beskikbaar aan kliënte wat marginale grond wil omskakel na weiding. 10% van lande kan per jaar omgeskakel word op die skema.

Maandrekening

Die rekening word aan kliënte beskikbaar gestel om maandeliks kleiner aankope te doen. Betalings geskied 30 dae na staat. Seker voordele is beskikbaar op rekening indien betaling vroeg ontvang word.

Multirisikoversekering

Sien punt 3 onder die Versekeringsafdeling.