Nuusflits: Verkorte Finansiële State 30 April 2010 - Kliek hier | Persverklaring – Kliek hier
Suidwes
Soek

Graan - vryemark

Suidwes Graan | Graanhantering | Graanbemarking | Graan - Vryemark | Termyn- en opsie-kontrakte

Met die deregulering van die Graanbedryf vanaf 'n beheerde- na 'n vyemarkstelsel, het die opsies van die graanprodusent aansienlik uitgebrei. Deur van die instrumente wat beskikbaar is, kan produsente van die termynbeurs (SAFEX), sowel as van kontrakte wat van tyd tot tyd beskikbaar is, soos voor plant-, voor oes-, en tydens lewering–kontrakte, gebruik maak. Bogemelde kontrakte word beskikbaar gestel deur ‘n groot koper wat ‘n posisie in die mark wil inneem. Produsente moet in gedagte hou dat prys ‘n funksie van die mark is.

Kontantpryse

By elke silo is daar daaglikse kontantpryse vir mielies wat van SAFEX afgelei word, beskikbaar. Dit bied die boer die geleentheid om daagliks mielies te verkoop.

Kontrakte

Voor plant-kontrakte vir kommoditeite is van tyd tot tyd beskikbaar. Lede moet op hulle hoede wees om nie meer as 30% van hulle verwagte oes op dié manier te bemark nie. Kontrakte voor oestyd is veiliger, aangesien daar dan reeds ‘n oes op die land is en die prys ‘n afgeleide aanduiding is van die verwagte oes. Kontrakte tydens oestyd is markverwant, alhoewel markpryse dan normaalweg op die laagste vlakke verhandel.

Markinligting

Inligting is vandag baie werd aangesien ingeligte besluite slegs met markinligting wat akkuraat is, geneem kan word. Suidwes Graanbemarking beskik oor die inligting wat u kan help om ingeligte besluite te neem. Al die silo’s kry daagliks markinligting wat opgedateer en relevant is. Faktore wat in ag geneem moet word is weersomstandighede, internasionale pryse en tendense, sowel as wisselkoerse en ander ekonomiese aanwysers.

Die inligting kan by die silo’s verkry word of by enige een van Suidwes se graanbemarkers. Suidwes Graan beskik oor die kundigheid om in al u behoeftes ten opsigte van graanbemarking te voldoen en is in staat om u by te staan met raad en daad. Met die nodige inligting tot ‘n mens se beskikking kan intelligente besluite geneem word.

Graan - vryemark