Nuusflits: Verkorte Finansiële State 30 April 2010 - Kliek hier | Persverklaring – Kliek hier
Suidwes
Soek

Suidwes Graanbemarking

Suidwes Graan | Graanhantering | Graanbemarking | Graan - Vryemark | Termyn- en opsie-kontrakte

As gespesialiseerde divisie binne Suidwes is Suidwes Graanbemarking 'n speler van wêreldformaat wat fokus op die verhandeling van mielies, koring, sonneblom en sorghum.

Suidwes Graanbemarking dryf handel in 'n dinamiese, uitdagende omgewing op beide die nasionale en internasionale graanmarkte, gekenmerk deur voortdurende prysbewegings. Aangesien produksie-inflasie 'n knelpunt vir die produsent sowel as onsself is, is dit ons doel om bemarkingsalternatiewe, prysbestuurstabiliteit, versekering en veral gemoedsrus binne hierdie mededingende omgewing te bied.

Deur konstant in kontak te wees met beide nasionale en internasionale beurse, bly ons op hoogte van die nuutste verhandelingstegnologie en verseker dat jy voordeel trek uit die nuutste tegnologie en verhandelingsopsies. Tegnologie stel ons in staat om onmiddellik kontrakte te sluit en die verhandelingsproses so moeitevry as moontlik te maak.

Ons dienste kan soos volg voorgestel word:

Volledige opbergingsdiens
(sif en droging)

Prysrisikobestuur
(Safex en oor die toonbank)

Vervoer van kommoditeit

Finale fisiese bemarking

Suidwes Graanbemarking let nie net op na die risiko's wat die mark inhou nie, maar ook na die uitdagings en geleenthede wat gebied word, derhalwe kan ons u 'n wye verskeidenheid bemarkingskeuses bied:

  • Daaglikse markverwante kontantpryse vir graan.
  • Voorseisoen-kontrakte.
  • Vooruitkontrakte.
  • 'n Volledige prysverskansingsdiens:
    • Termynkontrakte; en
    • opsiekontrakte.
  • 'n Makelaarsdiens vir spekulatiewe transaksies in die opsie- en termynmarkte.
  • Gestruktureerde bemarkingsplanne.
  • Deurlopende markinligting deur middel van verskeie media, sowel as persoonlike kontak.

Die bostaande dienste is gefokus op buigsaamheid om jou spesifieke behoeftes aan te spreek en volg nie 'n homogene benadering nie – elke individu se behoeftes en situasie is uniek.

Ingeligte Safex-makelaars is ten alle tye gereed om transaksies te fasiliteer en kontrakte te sluit om sodoende aan ons produsente die nodige voorsprong te bied.

Suidwes Graanbemarking se bemarkingspan word ondersteun deur 'n professionele en effektiewe administratiewe en logistieke afdeling wat verseker dat elke graantransaksie vanaf die produsent tot by die eindverbruiker seepglad verloop.

Toegewyde, ervare silobestuurders voltooi die ondersteuningsnetwerk wat vir jou 'n gerieflike 'eenstop'-diens bied. Ons toeganklike besluitnemers is slegs 'n telefoonoproep weg en is selde verder geleë as 30 kilometer vanaf jou, die produsent.