|
Jy is die middelpunt van jou boerdery - die grond ken jou sweet en toewyding. Jy
weet wat jou boerdery benodig en Suidwes Groep sal aan al jou behoeftes voldoen.
Ons bied jou die nodige kennis en ondersteuning met behulp van ons gespesialiseerde
en toegewyde divisies.
Suidwes Graan werk in 'n dinamiese omgewing op die
nasionale en internasionale graanmarkte, onder andere SAFEX. Ons bied jou, die produsent,
bemarkingsalternatiewe, prysbestuurstabiliteit en gemoedsrus in die bemarking van
jou produk.
Wesmark se handelstakke en veevoerdepots is gerieflik
en strategies versprei regoor Suidwes se bedieningsgebied. Ons bied jou 'n wye verskeidenheid
boerdery-insetmiddels onder een dak, wat aan al jou behoeftes sal voldoen.
Wesmeg bied jou die keur van New Holland- en CASE-trekkers,
implemente en presisieboerdery-produkte, gerugsteun deur puik nasorgdiens en kundigheid.
Ons bemarkingspan staan gereed om jou in te lig en te adviseer wat al jou meganisasiebehoeftes
betref wil weet.
Gesels met ons by Suidwes Fin en ervaar hoogstaande
persoonlike diens, wat jou finansierings- en versekeringsbehoeftes sal aanspreek.
Laat ons jou behoeftes ontleed en aan jou raad gee oor die bestuur van jou risiko's.
Terratek bied jou wetenskaplik-gegronde waarnemings,
analises en aanbevelings om jou boerdery effektief te bestuur en daardeur jou winsgrense
te verhoog. Laat ons jou van raad bedien rakende Akkerbou, Grondkunde, Veekunde,
die ekonomiese sy van boerdery, sowel as Geografiese Inligtingstelsels (GIS).
Maak Suidwes vandag nog jou besigheidsvennoot. Met jou toewyding en ons kennis en
ondersteunings-netwerk sal ons saam verseker dat jou boerdery ongekende hoogtes
bereik.
Vir meer inligting, skakel Suidwes by 018 581 1000
|