Nuusflits: Verkorte Finansiële State 30 April 2010 - Kliek hier | Persverklaring – Kliek hier
Suidwes
Soek

Suidwes Fin Versekering

Suidwes Fin | Suidwes Fin Finansiering | Suidwes Fin Versekering

Die Versekeringsafdeling van Suidwes Fin bied met trots die volgende pakkette aan kliënte:

Korttermynversekering

Suidwes Fin het ooreenkomste met al die gevestigde versekeraars om u roerende bates te verseker teen onvoorsiene verliese. Ons beskik oor professionele adviseurs met uitstekende landboukennis wat u behoeftes ten beste sal aanspreek.

Oesversekering

Ons het al die rolspelers in die oesversekeringsmark tot u beskikking en ons ondersteuning kan vir u van onskatbare waarde wees wanneer ons vir u versekering op u oes reël teen hael, ryp en brand.

Multirisikoversekering

Ons het 'n unieke multirisikoproduk ontwikkel wat die produsent kan beskerm teen uitstaande verpligtinge van 'n vorige jaar. Die produk (onderhewig aan voorwaardes) het uiters kompeterende tariewe en word per plaas toegestaan. Dit sluit ook 'n prysverskansing teen moontlike kapitaalverliese as gevolg van stygende kommoditeitspryse in. Hierdie produk is losstaande van die algemene multirisikoproduk soos aangebied deur die oesversekeraars.

Kredietlewensversekering en omsettingsopsies

Ons bied, in samewerking met Finansiering, kredietlewensversekering aan produsente om u te beskerm teen moontlike skulde ten tye van u afsterwe. Die produsent wat deel aan die kredietlewensversekering al dan nie, het die geleentheid om hierdie dekking te vervang en/of dekking te reël by enige versekeraar op sy/haar lewe ten einde voorsiening te maak dat verpligtinge vereffen word ten tye van dood.

Mediese versekering

Ons het ooreenkomste met al die leiers in mediese versekering ten einde aan ons kliënte die beste moontlike produk te verskaf wat sy/haar behoeftes aanspreek. Onvoldoende kommunikasie en 'n gebrek aan advies skep 'n baie negatiewe beeld by die gebruiker van mediese versekering – ons sal hierdie probleem vir u oplos.

Lewensversekering

Ons het kundige lewensadviseurs om u van hulp te wees met finansiële beplanning, wat insluit beleggings- en belastingadvies, asook boedelbeplanning. Ons het ook die ondersteuning van professionele regsadviseurs om u te adviseer oor die entiteite wat u moet oorweeg om u boerdery te bedryf.

Algemene dienste

Versekeringspremies kan op die produsent wat dit verkies, se maand- en/of produksierekening gedebiteer word soos en wanneer Finansiering hiertoe magtiging verleen.