Integrering van wetenskap en tegnologie in die praktyk
TERRATEK verhoog u boerdery se inkomste met wetenskaplike waarnemings, analises
en aanbevelings. Terratek glo dat as u dit nie meet nie, u dit nie kan bestuur nie.
Ons voorsien aan u die korrekte inligting om ingeligte bestuursbesluite te neem
en voeg so waarde toe tot u boerdery.
Ons is u langtermynvennoot in welvaart!
- Akkerbou en Grondkunde
Fisiese gronddata word elektronies deur middel van 'n GPS met ‘n DGPS-sein,
in die veld versamel en dan tot verstaanbare gebruiks- en aanbevelingskaarte verwerk.
Ons gebruik onder andere 'n hidrouliese grondboor en 'n neutronvogmeter
om data in te samel. Terratek doen aanbevelings sodat hulpbronne optimaal benut
kan word en om risiko's te bestuur, wat verseker dat die winsgrense drasties
verhoog kan word. Ons analiseer ook stropermonitordata tesame met die fisiese gronddata
vir opbrengsevaluasie en bepaal dan aan die hand daarvan optimale lokaliteite vir
chemiese grondmonsterneming (smart sampling).
Grondkunde se belangrikste dienste is:
- Grondklassifikasie.
- Chemiese opnames en analises van grond (grid sampling).
- Bepaling van die opbrengspotensiaal van verskillende gewasse en die optimale bemesting
daarvan.
- Die bepaling van die grondwaterinhoud van droëlande en besproeiingskedulering.
- Vee-, Wild- en Weidingkunde
Die Afdeling Vee-, Wild- en Weidingkunde lewer die volgende spesialis-dienste:
- Algemene weidingsondersoeke en –beplanning (veld en aangeplante weiding) soos die
bepaling van weidingkapasiteit, weidae, kampbeplanning en botaniese opnames.
- Dienste met betrekking tot die volgende word ook gelewer:
- Die beplanning van wildplase.
- Die beplanning van voervloei.
- Rantsoenbalansering.
- Vetmestingaanbevelings.
- Algemene veekundige dienste.
- Geografiese Inligtingstelsels (GIS)
Sien is glo: GIS integreer ruimtelike data van u produksie- en belangstellingsarea
en stel dit dan visueel as kaarte voor. Die kaarte word gebaseer op GPS-data (wat
persoonlik deur die Terratek-span opgemeet word), en kan verder uitgebrei word volgens
u behoeftes, met onder andere:
- Gekwantifiseerde hulpbrondata.
- Lugfoto's.
- Satellietbeelde.
- Stropermonitordata.
Ons GIS-afdeling werk saam met ander Terratek-spesialiste om aan u 'n afgeronde
en interpreteerbare produk te lewer vir korrekte inset-, land- en kampbeplanning.
- Landbou-ekonomie
Terratek verskaf ook aan u die volgende ekonomiese- en finansiële beplanningsdienste
- Kontantvloei- en scenario-beplanning.
- Bedryfstakbegroting met gelykbreekpunte, kontantvloei, kredietvloei, geprojekteerde
boerderywins en groei.
- Langtermynbegroting vir een tot vyf jaar.
- Lewensvatbaarheidstudies.
- Besigheidsplanne met metings wat u boerdery op ʼn feitebasis in perspektief plaas.
- Kalkskema
Grondsuurheid is een van die grootste oorsake van opbrengsverliese. Dit kan egter
deur bekalking opgelos word. Professionele strooidienste (homogeen- of presisiestrooi),
wat van moderne toerusting gebruik maak, en regstellings om grondvrugbaarheid te
bevorder, word deur Terratek aan u gelewer. Presisiestrooidienste vir kunsmis is
ook beskikbaar vir grondvrugbaarheid-regstellings. Grondopnames, om onder andere
die kalkbehoefte te bepaal, is as 'n addisionele diens - ter ondersteuning van
die kalkstrooidienste - beskikbaar.
- Meganisasiebeplanning
Meganisasiebeplanning het ten doel om in elke unieke boerderysituasie:
- bottelnekke te elimineer;
- kW-aanwending te optimaliseer;
- dieselverbruik te verlaag; en
- bestuurspraktyk en -beplanning te vereenvoudig.
U spesifieke bewerkingspraktyke word visueel, deur middel van simulasie, wiskundig
nageboots met die doel om die omvang van u boerdery te vereenvoudig en volhoubaarheid
en winsgewendheid te verseker.
LAAT ONS TEGNOLOGIE EN KENNIS VIR U WERK.
Saam skep ons welvaart!
Om u boerdery op ʼn ingeligte basis te bestuur, skakel:
|
Hoofkantoor
|
018 581 1000
|
|
Akkerbou en Grondkunde
|
018 581 1250
|
|
Vee-, Veld- en Weidingkunde
|
018 581 1267
|
|
GIS-afdeling
|
018 581 1269
|
|
Landbou-ekonomie
|
018 581 1254
|
|
Kalkskema
|
018 581 1016
|
|
Meganisasiebeplanning
|
018 581 1254
|
Terratek is 'n Afdeling van Suidwes Landbou (Edms) Bpk, Reg. nr. 1990/06879/07
|
|