Nuusflits: Tussentydse Finansiële Verslae: 31 Okt 2011 – Suidwes Beleggings Bpk kliek hier *    Suidwes Beherend Bpk kliek hier *   Mediaverklaring: Nuwe Besturende Direkteur kliek hier *   Nuusflits: Suidwes Jaarverslag 2011 kliek hier *
Suidwes
Soek

Suidwes Wesmark

Wesmark se 17 handelstakke en een veevoerdepot is gerieflik in Suidwes se bedieningsgebied versprei om te verseker dat al jou boerderybenodigdhede beskikbaar is wanneer jy dit benodig.

Ons wye verskeidenheid produkte sal verseker dat ons aan al jou behoeftes kan voldoen!

Ons voorsien onder andere:

  • veevoer en veemiddels;
  • saad, kunsmis en plantplaagbeheer;
  • algemene hardeware en gereedskap;
  • brandstof, olie en gas;
  • besproeiingsbenodigdhede;
  • boumateriaal;
  • wye verskeidenheid omheiningsmateriaal;
  • tuingereedskap en -benodigdhede; en
  • ander landboubenodigdhede

Wesmark glo in persoonlike diens aan die individu. Om jou koopervaring so aangenaam as moontlik te maak, bied ons jou die volgende bykomende voordele om jou aankope te vergemaklik:

  • 30-dae vooraf goedgekeurde maandrekening;
  • kredietfinansieringsfasiliteite; en
  • kortingstrukture.

Wesmark verstaan dat verskillende areas uniek is en dus unieke behoeftes het waaraan voldoen moet word. Ons let noukeurig op na hierdie behoeftes en koop produksiebenodigdhede daarvolgens aan.

Elke takbestuurder is verantwoordelik vir hul eie voorraadbestuur, en daardeur word die klant verseker van persoonlike diens en beproefde produkte.

Om jou tevredenheid te verseker, is Wesmark se kundige bemarkers byderhand met raad oor al ons produkte sodat jy die regte keuse maak en jy verseker waarde vir jou geld kry.

Wesmark Bemarkers

Willem Jonker
Sel: 082 524 9016
E-pos: willemj@suidwes.co.za
Area: Schweizer-Reneke, Migdol, Makwassie, Bamboesspruit en Wolmaransstad

Hannes Herholdt
Sel: 082 802 0582
E-pos: hannesh@suidwes.co.za
Area: Vryburg, Stella, Tosca, Louwna, Reivilo & Vaalharts

Hein Brits
Sel: 082 805 2492
E-pos: heinb@suidwes.co.za
Area: Leeudoringstad, Bothaville, Wesselsbron & Buitegebiede: Vrystaat

Frikkie Meyer
Sel: 082 907 6074
E-pos: frikkiem@suidwes.co.za
Area: Boshof, Hertzogville en Hoopstad

Johan Scott
Sel: 083 421 1924
E-pos: johanscott@suidwes.co.za
Area: Bloemhof, Christiana en Hartswater

Wesmark