Nuusflits: Verkorte Finansiële State 30 April 2010 - Kliek hier | Persverklaring – Kliek hier
Suidwes
Soek

Suidwes Wesmeg

As meganisasiedivisie van Suidwes bied Wesmeg jou hoë gehalte en gewilde handelsmerke ten opsigte van trekkers, implemente en presisieboerderyprodukte, gerugsteun deur puik nasorg-diens en kundigheid.

Heelgoedere

Wesmeg is dié "eenstop"-sentrum vir al jou landboumeganisasiebehoeftes. As voorkeurverskaffer van New Holland- en CASE-trekkers en implemente bied ons jou nuwe, sowel as gebruikte trekkers, implemente en toerusting teen kompeterende pryse en billike terme . Ons verskaf ook 'n wye reeks spuite en ander landboutoerusting om te verseker dat jou grond vir jou 'n opbrengs lewer.

Werkswinkels

Ons klante is die belangrikste skakel in ons besigheid.Met dié filosofie as vertrekpunt bied Wesmeg aan jou die nodige kundigheid en ondersteuning om te verseker dat jou landboutoerusting vir jou 'n bate is. Ons moderne werkswinkels is gerieflik versprei oor ons bedieningsgebied, om te verseker dat jy die nodige ondersteuning vanaf ons hoogs-opgeleide werktuigkundiges ontvang wanneer jy dit benodig .

Onderdelesentra

Wesmeg verstaan dat die aankoop van onderdele een van jou grootste uitgawes is, daarom verskaf ons nie net egte New Holland- en CASE-onderdele nie, maar ook 'n wye verskeidenheid alternatiewe onderdele van hoogstaande gehalte. Praat gerus met ons vriendelike personeel by jou naaste Wesmeg-tak oor jou onderdeelbenodigdhede.

Elektroniese landbouprodukte vir presisieboerdery

Wesmeg beskik oor die tegnologie, produkte en kennis om jou in 'n presisieboer te omskep, sowel as die nodige kennis om jou te ondersteun sou jy alreeds presisieboerdery toepas. Ons is 'n amptelike verspreider van presisieboerdery-instrumente en bied jou 'n volledige nasorgdiens daarvoor. Deur die gebruik van hierdie instrumente en beginsels verbeter jy jou vermoë om jou boerdery effektief te bestuur terwyl jou graankwaliteit verhoog en jou opbrengste tussen 20% en 50% verhoog.

Ander voordele sluit in:

  • Geen uitmerkkoste.
  • Besparing op diesel.
  • Minder arbeid en werktuie
  • Marge bo bemestingkoste verhoog met meer as 20%.
  • Besparing op kalk van tussen 20% tot 50%.
  • Oorbespuitverliese van onkruid- en plaagdoders word gehalveer.

Bemarkers

William Visser - Bemarkingsbestuurder: New Holland
Tel: 018 581 1242
Sel: 083 626 6479
E-pos: williamv@suidwes.co.za
Bedien gebied: Wolmaransstad, Leeudoringstad, Makwassie, Ventersburg, Virginia, Welkom & Wesselsbron

Piet Delport - Heelgoedere Bemarker: New Holland
Sel: 082 577 9122
E-pos: pietd@suidwes.co.za
Bedien gebied: Hoopstad, Hertzogville & Christiana

Frans Kamffer - Heelgoedere Bemarker: New Holland
Sel: 082 579 1079
E-pos: fransk@suidwes.co.za
Bedien gebied: S/Reneke, Vryburg, Tosca, Stella, Hartswater, Amalia, Louwna, Migdol & Reivilo

Hendrik van Zyl - Heelgoedere Bemarker: New Holland
Tel: 056 515 4576
Faks: 056 515 4572
Sel: 082 388 0578
E-pos: hendrikvz@suidwes.co.za

Hansie Swanepoel - Heelgoedere Bemarker: New Holland
Sel: 083 630 3736
E-pos: hansies@suidwes.co.za
Bedien gebied: Leeudoringstad, Makwassie & Wolmaransstad

Coenrad Bruwer - Heelgoedere Bemarker: Case
Sel: 071 681 6708
E-pos: coenradb@suidwes.co.za
Bedien gebied: Vryburg, Tosca, Louwna, Coetzeedam, Migdol & Kameel

Ettiene Bruwer - Heelgoedere Bemarker: Case
Sel: 071 681 6709
E-pos: etienneb@suidwes.co.za
Bedien gebied: Schweizer-Reneke & Wolmaransstad

Presisieboerderytoerusting

Mario Wolvaardt (Suidwes Landbou) 082 800 2208
Christo Helm (KEE Technologies Africa) 083 233 5497

Wesmeg-takke wat ook geselekteerde Wesmark-produkte aanhou

Bothaville 056 515 4576
Bultfontein 051 853 1747
Wesselsbron 057 899 2137
Wesmeg
Wesmeg